Steriele medvlieg produksie

Massa-teelt fasiliteit

Afhangende van die tyd van die seisoen, word daar tans tot soveel as 14 miljoen Medvlieg mannetjies per week by die Fruit Fly Africa Medvlieg massa-teelt fasiliteit geproduseer. Aangesien deurlopende vrugtevlieg produksie benodig word, werk die fasiliteit 7 dae per week reg deur die jaar. Meeste van die personeel het ‘n 3-maande intensiewe opleidingskursus in massa-teelt van vrugtevlieë by die IAEA se navorsingslaboratorium by Seibersdorf in Oostenryk ondergaan. Die ander personeellede het op-die-perseel opleiding deur IAEA kundiges in massa-teelt van vrugtevlieë ondergaan.

‘n Spesiaal ontwikkelde ‘genetiese geslagsbepalende” bloedlyn Medvlieg (“VIENNA 8”) is deur die IAEA in Wene vir gebruik in SIT programme ontwikkel. Hierdie bloedlyn word gekenmerk deurdat die wyfies hitte-sensitief is (die temperatuur-sensitiewe-dodelike – tsi – gene), en die wit papie (wp) gene waar wyfie papies wit en mannetjie papies bruin is. Die tsi kenmerk maak die produksie van slegs mannetjie vrugtevlieë moontlik
vir loslatings deurdat wyfies met ‘n hitte behandeling uitgewis kan word, en die wp kenmerk maak die identifikasie van mannetjies en wyfies in die papie-stadium moontlik. Hierdie tegniek bespaar teelt-koste, aangesien steriele wyfie vlieë geen rol speel in die SIT proses nie, en boonop, kan steriele wyfies, wanneer losgelaat, steeds die vrugte steek en infeksie deur patogene veroorsaak.

Die teelproses begin met die insameling van eiers in die volwasse vlieë kamer. Wyfies lë eiers deur die gaas sykante van die hokke en word ingesamel in die watertroeë daaronder. Die eiers word op ‘n kunsmatige dieet geplaas waarop die larwe ontwikkel; dit behels semels, suurdeeg, suiker en water, asook anti-mikrobiese middels. Ongeveer 10 dae later verlaat die volwasse larwe die dieet en word in die watertroeë daaronder versamel.

Die larwe word dan op vermikuliet geplaas om te verpop. Tien dae is die siklus voltooi wanneer die volwasse vlieë tevoorskyn kom.

Hokke van vlieë in die volwasse vlieë kamer

Eiers op ‘n eier vlot op larwe medium

Om slegs mannetjie vlieë vir loslating te produseer, word ongeveer 80% van die ingesamelde eiers ‘n hitte-behandeling gegee, wat die wyfie eiers doodmaak. Die mannetjie eiers word geteel in ‘n “slegs mannetjies” produksiestroom, en al die gevolglike papies word gesteriliseer met gamma bestraling 1 dag voordat hulle tevoorskyn kom. Al die gesteriliseerde papies word gekleur met ‘n fluoresseer kleurstof en in papiersakke geplaas met ‘n agar/suiker mengsel vir kos en water. Na 4 dae is die steriele manntjies seksueel volwasse, en die papersakke word in ‘n verkoelde trok na die loslatingsgebiede vervoer.

‘n Rakkie met mannetjie Medvlieg papies

In enige SIT program, is die produksie van hoë gehalte steriele mannetjies die primêre doel – swak gehalte steriele mannetjies sal nie suksesvol met wilde mannetjies kompeteer vir die wyfies nie. Verskeie parameters word gebruik om gehalte te meet, insluitend die uitbroei van eiers, ratio van papies wat deur ‘n gegewe aantal eiers verkry word’ gewig van papie, verskyning van volwassenes, vliegvermoë van steriele mannetjies, en graad van steriliteit. Elke bondel vlieë wat geproduseer word is onderhewig aan Gehaltebeheer toetse, en remediërende aaksie word geneem indien nodig.

‘n Gehaltebestuurstelsel (QMS) is in die teelfasiliteit geïmplementeer, die doel daarvan is om kliente te voorsien met ‘n waarborg van kwaliteit vir die produk. Al die vele teel en sterilisasie prosedures is uiteengesit en stap-vir-stap beskryf. Instruksies is vir elke prosedure gespesifeer. Nie-nakoming verslagdoening, oudit van prosedures, en opleiding is ‘n integrale deel van die QMS. Daaglikse beplanningsvergaderings en weeklikse hersieningsvergaderings word gehou.

Gehalteheer laboratorium

Die genetiese filtreer proses – reiniging van die bloedlyn

Wanneer vrugtevlieg bloedlyne oor ‘n lang periode geselekteer word vir sekere genetiese kenmerke, neig hulle om hierdie kenmerke te verloor as gevolg van ‘n genetiese herkombinasie na die ‘normale’ status. In die geval van VIENNA 8 beteken dit dat tensy die ‘slegte gene’ verwyder (gefiltreer) word uit die teelproses, die produksie van slegs mannetjies vir loslating en die wit papie/bruin papie kenmerke stadig verlore sal gaan.

Om dit te verhoed, moet die kolonie konstant gereinig word deur die ‘verkeerde geslag’ papies (wit en bruin wyfies) in ‘n aparte filtreereenheid te verwyder. Hierdie proses verwyder outomaties enige wyfies wat in die hitte-behandeling hitte-bestand geraak het. Die kolonie word dus konstant regenereer deur die gereinigde materiaal te gebruik wat verseker dat die kolonie sy genetiese integriteit behou, en die loslating van wyfies in die veld verhoed, selfs al is hulle steriel.

Nadat addisionele fondse vanaf die regering bekom is, is die Fruit Fly Africa Medvlieg fasiliteit in Stellenbosch in 2009 verleng. Die addisionele gebou sal die produksie kapasiteit tot ongeveer 40 miljoen steriele mannetjies per week vermeerder.

Fruit Fly Africa Medvlieg teelt fasiliteit