Vrugtevlieg indringer uit Afrika

‘n Nuwe vrugtevlieg spesie, die African Invader (of Asiatiese) vrugtevlieg Bactrocera invadens, het onlangs Afrika vanuit Sri Lanka binnegedring. Dit het na meer as 10 lande in Afrika versprei, insluitend Mosambiek en Namibië, waar dit as ‘n uiters ernstige vrugteplaag gerapporteer word.

Hierdie vrugtevlieg is hoogs verspreidend met ‘n hoë reproduksie potensiaal, en het ‘n lang lys van gasheerplante, insluitend sitrus, mango, kashoeneute, papaja, koejawel, peper,en verskeie wilde gasheerplante. Die hoofweë vir vrugtevlieë om vanaf een land na ‘n ander te versprei is deur die internasionale beweging van geïnfesteerde vrugte.

Monsters van hierdie plaag is in Suid-Afrika gevind, alhoewel tydige ingryping tot die suksesvolle uitwissing in Suid-Afrika gelei het.

Fruit Fly Africa Het ‘n network van lokvalle regdeur Suid-Afrika ontplooi om vroeë opsporing en verdere aksie te weeg te bring.

Die volwasse vrugtevlieg van hierdie spesie verskil merkbaar van die ander twee spesies. Sy grondkleur is blou-swart met geel kolle in die middelste deel, en ‘n paar ligte strepe op die pens. Die oë is blou-swart, en vlerke is skoon met prominente donker randjies.

Bactrocera invadens