Lewensiklus

Daar is twee vrugtevlieg spesies van ekonomiese belang op sagtevrugte, Mediterreense vrugtevlieg en Natal vrugtevlieg. Hul biologie en lewens-siklus is feitlik identies.

Ogunstige toestande word wyfie vrugtevlieë seksueel volwasse en in staat om eiers te lê ongeveer 5 dae nadat hulle tevoorskyn kom. Nadat hulle gepaar het soek hulle aktief na ryp vrugte, en lê dan hulle piesangvormige eiers binne-in ‘n klein gaatjie net onder die skil. Eierplasing (steek) gaatjies verskyn soos klein bruin kolletjies op die oppervlakte van die vrugte, waaronder die gaatjie is met een tot meer as 20 eiers daarin.

Na 2 tot 3 dae in gunstige omstandighede, die oomblik as die deursigtige larwes uitbroei begin hulle vreet aan die vrugte se vlees terwyl hulle stadig na die kern deurgrawe. Die larwe het ‘n skerp-gepunte voorkant met geen ooglopende kop nie en ‘n stomp agterkant, en verkleur na ligroom soos hulle ouer word. Vroeë infestasie word dikwels aangedui deur ‘n bruin verkleuring van die vlees van die vrugte in die voedingsarea weens oksidasie van die weefsel. Ongeveer 7 tot 40 dae later, afhangende van die vrugsoort en temperatuur, bereik die larwe volwassenheid (8 tot 10 mm lank) wanneer hulle die vrug verlaat, val af tot op die grond en verpop (verander in ‘n papie) net onder die oppervlakte van die grond. Ongeveer 8 tot 40 dae later, afhangende van die temperatuur, kruip die volwasse vlieg uit die papie, beweeg op na die grond oppervlakte, en die siklus is voltooi.

Tydens warm toestande en in ryp vrugte, word die lewens-siklus voltooi in so min as 3 tot 4 weke. Die tydperk kan in die winter tot so lank as 3 tot 4 maande duur of waar eiers in groener vrugte gelê word.

Lewens-siklus van Medvlieg en Natal vrugtevlieg