Identifikasie

Mediterreense vrugtevlieg

Eiers is wit en piesangvormig, ongeveer 1 mm lank. Volwasse larwe is room-wit kleurig, sonder bene, 7 tot 9 mm lank, en die lyf vernou geleidelik na ‘n stomp agterkant. Papies is rooi-bruin van kleur, silindervormig met geronde ente, 4 tot 6 mm. Verpopping geskirf gewoonlik in die grond. Volwasse papies is effens kleiner as ‘n huisvlieg, ongeveer 3 tot 5 mm lank, gelerige oranje-bruin in kleur, met oranje-bruin merke op die vlerke. Die oë is ‘n rooierige-pers kleur met ‘n fluoresserende groen.

Mediterreense vrugtevlieg

Natal vrugtevlieg

Onvolwasse stadia is soortgelyk aan die Medvlieg, maar is effens groter. Volwassenes is ongeveer die grootte van ‘n huisvlieg, tot 8 mm in lengte, en meer bruingekleurd as die Medvlieg. Die oë is ‘n rooierige pers kleur, gewoonlik met ‘n fluoressende blou. Die mannetjie het swart veeragtige patrone op die laer dele van die middelste bene. Net soos met die Medvlieg, het die vlerke ook patrone op, maar die bande van die vlerk is bruin en gewoonlik donkerder as die van Medvlieg.

Natal vrugtevlieg (afbeelding – Picker & Griffiths)