Steriele vlieg loslatings

Daar is twee metodes om steriele vrugtevlieëe los te laat – grondloslatings en lugloslatings. Tans word grondloslatings uitgevoer.

Grondloslatings word spesifiek gemik op huistuine en agterplase (in dorpe en op plase) en ander vrugtevlieg probleemkolle in die teikengebied. Hierdie is die broeiplekke van vrugtevlieë – die meerderheid vrugtevlieë kom voor en teel in hierdie gebiede totdat die kommersiële vrugte ryp word en aanloklik word vir vrugtevlieë, wat dan begin migreer na hierdie vrugte. Die doelwit met grondloslatings is om vrugtevlieg populasies te onderdruk in hul broeiplekke vroeg in die seisoen voordat die kommersiële vrugte ryp word. Indien tuin sanitasie en gasheerplantbestuur korrek uitgevoer word, sal die steriele mannetjies seker maak dat dat daar feitlik geen wildevlieë is wat kan migreer na kommersiële aanplantings gedurende die vrugteseisoen nie.

Fruit Fly Africa verskaf seksueel volwasse steriele Medvlieë in papiersakke, wat dan na die vrylatingsgebiede gestuur word waar hulle in plaas- en dorpstuine geplaas word. Tussen ongeveer 5000 en 40 000 steriele vlieë word losgelaat per ligging per week, afhangende van die grootte en tyd van die jaar.

‘n Sak steriele vlieë word losgelaat

Lugloslatings, teen ‘n digtheid van 500 tot 1 000 steriele vlieë/ha is gewoonlik meer doeltreffend as grondloslatings want hulle dek ‘n totale teikengebied, maar indien die gebied nie groot genoeg is nie (b.v. 50 000 ha en meer) is dit nie koste-doeltreffend nie weens die hoë koste van die loslatingsvliegtuig.

Soos wat die vrugtevlieg SIT program uitbrei en meer verbouingsgebiede by die SIT program aansluit, sal lugloslatings wat die hele teikengebied dek, weereens oorweeg word (sien onder).