Die evolusie van Steriele Insek Tegniek in SA

SIT is nie ‘n nuwe tegniek nie, maar is in onlangse jare verfyn en suksesvol in ander lande toegepas om die aantal vrugtevlieg spesies en ander insekplae te onderdruk of uit te roei.

Die SIT program in Suid-Afrika is in 1996 in werking gestel om die toenemende behoefte in die sagtevrugtebedryf om vrugtevliegvrye gebied te skep (alternatiewelik, gebiede met lae vrugtevliegvoorkoms) in die Wes-Kaap. Aangesien vrugtevlieë internasionale kwarantynplae is, kan hulle die vrye handel in uitvoervrugte beperk. Wesentlike markvoordele is derhalwe moontlik indien vrugte vanuit vrugtevliegvrye of lae-voorkomsgebiede gebiede uitgevoer kan word.
In 1997, het die gesamentlike Voedsel- en Landbou-organisasie/Internasionale Atoom Energie Agentskap (VLO/IAEA) Divisie van Atoom Tegnieke in Voedsel en Landbou in die Verenigde Nasies fondse goedgekeur aan die Landbou Navorsingsinstituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn (LNR Infruitec-Nietvoorbij) in Stellenbosch vir ‘n projek van 4 jaar: “Die uitvoerbaarheid om SIT te implementeer teen Mediterreense vrugtevlieë in die Hexriviervallei”.

IAEA Hoofkwartiere in Wene

As deel van hierdie oorspronklike uitvoerbaarheid studie, is ‘n SIT Loodsprojek in die Hexriviervallei begin met die doel om Medvlieë in ‘n ekonomiese en omgewingsversoenbare wyse te onderdruk. Die Hexriviervallei is geografies ideaal gepas vir ‘n SIT program, aangesien dit goed geisoleer is van aangrensende gebiede wat moontlik vrugtevlieë huisves. Dit is hoofsaaklik aangeplant met ‘n enkele oes – tafeldruiwe. Volgens ‘n koste-doeltreffende studie is dit in die ekonomiese opsig die belowendste van al die gebiede in die Wes-Kaap vir ‘n vrugtevlieg SIT program, gebaseer op ‘n vergelyking van konvensionele beheer koste versus geskatte SIT koste.

Hexriviervallei